< < < Back


Mother's day celebration with Gerhard Steyn

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 12 May 2024

Times:

Information:

Time: 14h00-16h00!

Die sanger met die dimpel-glimlag het bewys sy musiek is oorspronklik, uit die hart en genotvol. Sy talent as sanger en liedjieskrywer, voorkoms en persoonlikheid maak hom gewild by oud en jonk. Gehard Steyn se nuwe treffer STERRE se vrystelling vind plaas 19 April en sal verseker groot aanklank vind by sy duisende aanhanger. VAT DIE CRUISER het die land met storm gevat en met kyke van bykans 4 miljoen op You Tube neem dit steeds daagliks in duisende toe. PARTYKIEHONDE is kort daarna vrygestel en volg op sy hakke. Sy derduisende aanhangers ken sy liedjies baie goed, maar is nie altyd bewus dat hy dit self skryf (lirieke) en die musiek komponeer nie (melodie) en dat hy ook vir ander kunstenaars help skryf. By AFRIKAANS IS GROOT se afgelope toekennings aand gehou op 28 Februarie ontvang Gerhard 6 toekennings: Goud vir die skryf van Lucky Packet Ring. Goud vir die help skryf van Monumentaal (van Ruhan du Toit). Platinum vir die skryf van Vir Jou Geval (van Arno Jordaan). Platinum vir Vat Die Cruiser se musiekvideo. Dubbel Platinum vir die skryf van Vat die Cruiser. Dubbel Platinum vir die skryf van Doenit Als vir Liefde (van Ivan Roux). Hy maak sy debuut in 2000 deur saam met Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis op te tree.) Gerhard het tans 11 (elf) albums op sy kerfstok en saam met lg. het hy die afgelope 3 jaar ook 5 (vyf) enkelsnitte vrygestel. Hy glo dat ‘n sanger nie kan stagneer nie, maar deurgaans met nuwe, vars en unieke musiek vorendag moet kom. Bykans elke woord kom uit Gerhard se eie pen, liriek sowel as melodie. As liedjie skrywer is van sy werk deur Ivan Roux, Dozi, Anais, Helene Bester, Wynand Strydom, Rudi Muller, Ricky Faber en andere opgeneem. Buiten sang en optredes, liedjies skryf, oorklankingswerk, het Gerhard ook ander talente. As akteur vertolk hy die hoofrol as Will Olwage in die fliek “Forsaken” en daarna die hoofrol in die Afrikaanse film “Sewentig x 7 saam met Angelique Gerber. Hy vertolk die rol van JESUS in die aangrypende produksie The Passion of Christ aangebied deur “Christian Family Church Internasional” en oor die 13 000 mense woon die 4 optredes by. Gerhard het ook bekendheid onder die kykers as TV aanbieder verwerf. Gerhard Steyn en die akteur Alvin Bruinders het hul eie TV program: Konings van Kitskos op VIA, Dstv Kanaal 147. Die program het in 2023 reeds Seisoen 10 uitgesaai. Konings van Kitskos sorg vir hope pret en vermaak. Gerhard Steyn glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Sy talent, oorspronklikheid, potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik. Gerhard het die suksesleër geklim en vandag is hy aan die bopunt met ‘n rede. Niks het in sy skoot geval nie, slegs harde werk, sy droom en omdat hy presies weet wat hy wil hê. Gerhard het in sy musiekloopbaan sedert sy albums vir die eerste keer op die rakke verskyn het, seldsame en gesogte juwele tot die skatkis van Afrikaanse musiek gevoeg en ’n enorme hoeveelheid musiekliefhebbers se harte in die proses gewen. Met al hierdie talente en seëninge bly Gerhard nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan Sy Skepper en diegene wat in hom glo en ondersteun. Gerhard se volgelinge op sosiale Media: Facebook 199 000 & Instagram 44 000.