< < < Back


Jennifer Zamudio

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 30 March 2025

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Jennifer Zamudio het in die jaar 2000 haar debuut in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak as “Die singende pers sensasie”. Sy is so deur die media gedoop oor haar pers haar kleur en pers uitrustings. Ja, sy het beslis toe reeds haar merk gemaak. Met haar lae alt stemregister en natuurlike Weskus humor het sy vinnig harte gesteel en sy doen dit steeds. Na reeds 25 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf geniet Jennifer Zamudio nogsteeds ‘n suksesvolle loopbaan, waarop sy baie trots is. Sy is sinoniem met styl, harde werk, sukses en energie. Op die verhoog is Jennifer ‘n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig ‘n gehoor in die palm van haar hand. Haar spontane “weskus-humor” en gemak laat menige konsertganger skater van plesier terwyl hulle maar net nie kan stil sit in een van haar vertonings nie. Jennifer het haarself goed in die musiekbedryf gevestig as sanger, liedjieskrywer en Compére (MC), en net soos wat sy daarvan hou om musiek met lekker woema te sing, is sy self gaande oor haar ernstige emosionele ballades, wat altyd haar kenmerkende alt stem tot sy volle reg laat kom. Jennifer is “verlief op die lewe” en dit word beklemtoon in alles wat sy doen en aanpak. Haar energie is verseker aanvoelbaar en aansteeklik. Alhoewel heelwat mense al gedink het haar vreemde Spaanse van (foneties: ZA-MOE-DIE-HOU), is ‘n verhoognaam, is dit haar eie en sy is trots op haar Afrikaanse herkoms, al het dit nou iewers ‘n tikkie Spaanse bloed in. Jennifer het in die Kaapse Weskus grootgeword maar woon reeds 33 jaar in Pretoria. Sy het alreeds veertien vollengte solo albums op haar kerfstok, en is bekend vir haar treffers, Hart se loper, Hoor Hoor, Walvisbaai, Die lewe is ‘n liedjie, Ek sal berge klim vir jou, Hart en Siel, Sê dit harder, Ongelooflik, Altyd myne, Dalk, As ek huil, Jy het my vergeet, Kom terug en die meer onlangse, asook titelsnit van haar nuutste album Hartswater. Loopbaan hoogtepunte (om net ‘n paar uit te sonder): ? In Junie 2022, word Jennifer benoem vir twee SAMA’s (South African Music Awards) in die kategorieë “Beste Kontemporêre Musiek Album” vir haar CD “TWINTIGEENENTWINTIG” asook vir “SAMPRA Artist of the Year” ? 21 Oktober 2022 stel Jennifer, met groot opgewondenheid, haar enkelsnit “Weerkaats” vry. Rudi Claase doen dit weer met die skryf van hierdie treffende lied, wat reeds harte aanraak en verseker gaan uitstaan as ‘n loopbaan hoogtepunt vir Jennifer. ? 4 April 2023 stap Jennifer weg met twee Afri-Indie Musiek Toekennings, “Best Adult Contemporary Artist (Female)” en “Best Pop Single (Female)” vir “Jy het my vergeet” ? 13 April 2023 sien Jennifer se nuutste album “Hartswater” die lig in CD format en op 28 April 2023 tref dit die digitale platforms met groot opgewondenheid. Die album Hartswater bevat veertien stewige snitte met ‘n goeie balans wat strek oor genres van pop, kontemporêr en selfs ‘n bietjie Country. ? 5 Mei 2023 word Jennifer genomineer vir "World Artist of the Year" tydens die "9th Annual Josie Music Awards" Die toekenningsaand vind plaas op 22 Oktober 2023 by die Grand Ole Opry House in Nashville Tennessee, USA.” ? In Augustus 2023 word Jennifer genomineer vir ‘n Aitsa Musiektoekenning in die kategorie "My Kunstenaar". Hierdie kategorie se wenner word slegs bepaal deur publieke stemme. Uit 130 kunsternaars eindig sy in die Top 6 op die toekenningsaand. ? Jennifer skop 2024 af met ‘n toekenning van Radio Spanneburg in Nederland vir haar album “Harstwater” wat as 2023 se Album van die Jaar op hierdie stasie aangewys is. Die wenner was bepaal deur luisteraarstemme. Daar was 12 albums van reg oor die wêreld wat meegeding het vir die gesogde prys. ? 7 Aug 2024 tydens die Afri-Indie Musiek Toekennings, ontvang Jennifer die toekenning vir “Beste Vroulike Kunstenaar” ? Op 17 September 2024 word Jennifer deur die “South African Country Music Association/Foundation Awards” genomineer & vereer as “SA Afrikaans Contemporary Overall Female Artist of 2024”. Dit is die eerste jaar wat hierdie toekenning uitgegee word. Die toekenningsgeleentheid vind plaas op 30 Oktober 2024 in Pretoria. ? Op 18 September 2024 word Jennifer bekroon met ‘n Aitsa Afrikaanse Musiektoekenning as “My Kunstenaar van die Jaar”. Hierdie kategorie se wenner word bepaal alleenlik deur publieke stemme. Jennifer Zamudio het haarself al goed in die vermaaklikheidsbedryf gevestig as Sangeres, Liedjieskrywer, Compére (MC) en Televisie-Veldaanbieder, en sy word beskou as een van ons land se voorste Afrikaanse vermaaklikheidssterre.