< < < Back


Jaun Piere Murphy

Entrance:

Jaun Piere Murphy will be performing from 14h00-16h00!

Date: 21 May 2022

Times:

Information:

The entrance fee is JUST R2 per person! 

Hallo daar ek is Jaun Piere Murphy en ek is gebore en woonagtig in Boksburg aan die Oosrand. My skool loopbaan het ek by Hoerskool Dr EG Jansen voltooi en daarna het ek ‘n kurses in klank ingeneurswese in Pretoria voltooi. My groot belangstelling in musiek het al in my laërskool begin waar ek van graad 3 af al in die senior koor gesing het, ek het ook in vele musiek toneel spelle deelgeneem, maar my grootste liefde bly Afrikaanse Musiek, dit is so lekker om met lof en eer in my eie taal te kan sing. Mense soos Johnny Cash, Steve Homeyr, Theuns Jordaan ens. maar daar is teveel om op te noem, hulle is vir my so ‘n groot inspirasie en ek droom om eendag in sulke voetspore te kan volg. Op die ouderdom van 16 het ek my eerste Country musiek CD opgeneem (Cover Songs) en het nou ook my eie solo CD opgeneem “Onthou Jy” dit is reeds vry gestel aan al die Afrikaanse TV kanale sowel as radio stasies, en kan gesien word op Youtube, my 2 musiek videos “Houtkapper”en “Onthou Jy?” albei kan ook hier gesien word. Vannaf 2013 het ek by verskeie instansies as voorsanger opgetree saam met mense soos Steve Hofmeyr, Manie Jackson, Monique Steyn, Leme, Julius Walt en Gerrie Pretorius. Ek was deel van die CANSA veldtog verlede jaar, en het ook aan die Infinity sang kompetiesie deel geneem, Augustus 2018 en 2019 was ek bevooreg om by die Heidelberg Vark Fees solo op te tree. In die uitgawe van Vrouekeure 7 Junie 2019 was daar n berug geskryf van my deur CJ De Swardt My grooste droom is om eendag ook ‘n beroemde sanger te wees en in my eie taal ons mooi volk te kan vermaak, en so ook my deel kan doen om terug te gee in my taal. Baie dankie Jaun-Piere Murphy