Entrance: Ampie will be performing from 14h00-16h00!
Date: 16 June 2022
Times:
Information: The entrance fee
is JUST R5 per person! Sanger, Liedjieskrywer, kitaarspeler en mede-eienaar van Hit Factory Records – Ampie is alles behalwe doodgewoon. Sukses is vir hom niks
nuuts nie. Ampie het op skool vlak al die Afrikaanse Expo goue medalje gewen vir eie komposisie. Hy was ook betrokke by die skryf van die
KykNet skinderprogram ‘’Glitterati’’ se temalied. Indrukwekkende optredes by groot feeste wat uitverkoop en CD’s wat goed verkoop. Ampie
beoog om musiek vry te stel wat ’n nuwe country aanklank bied, met houding. Of hy nou die volgende groot treffer help skryf saam met een van
sy groeiende kring van Afrikaanse supersterre is Ampie sonder twyfel een van die plaaslike musiekwêreld se mees hardwerkende en
waardevolste aanwinste.
Sy eerste solo album getiteld Niks en Niemand het Ampie ongekende hoogtes bereik met sy enkelsnit Plain Jane wat hy self geskryf het, die
video het behoorlik die mense op hulle voete laat staan. Die video staan al op 2 100 000 “views’ op Youtube. Die totale kykerstal van Ampie se
videos het nou die 3 000 000 kerf oorskry!
Ampie se tweede solo album getiteld, Geheim, is Oktober 2015 uitgereik. (Iewers tussen hier en nêrens, Jou Mond, Sugar mammie, Sal wag vir
jou, Ons was jonk, Ek wil net jou hand vas hou, Madibaland,My kop sê nee my hart sê ja, die liedjies waarby hy betrokke was.
Ampie se derde solo album ‘Bosveld Blues’ in 2019 was meer gebasseer op Country pop musiek en iets wat Ampie beskryf as musiek waarvan
hy hou en graag wou doen en nie noodwendig wat die mark soek nie. ‘Mens bereik n punt wat jy musiek vir jouself wil maak en risiko’s vat wat jy
hoop mense by aanklank vind’.
Ampie het in 2020 een van sy ‘bucketlist’ drome n realiteit gemaak om saam met Hunter Kennedy van die groep ‘Heuwels Fantasties’ te skryf en
n lied saam met die groep vrygestel in die ‘lockdown’ periode wat tans in die top 10 op alle radiostasies floreer genaamd ‘Ons moet leef’.
Ampie het ook in 2013 saam die wêreld se top krieketspeler AB de Villiers n enkelsnit vrygestel ‘Maak jou drome waar’ wat Ampie as n droom
beskryf. ‘Dit was net een van daai dinge wat ek moes aangryp, goeie of slegte kritiek het nie vir my saak gemaak nie, maar eerder die wete om n
‘memory’ vir my oudag te hê om vir my kleinkinders te vertel’.