Entrance: Arno
Jordaan will be performing from 14h00-16h00!
Date: 25 June 2022
Times:
Information: The entrance fee
is JUST R5 per person! l.
Arno is nie net ‘n bekwame sanger nie, maar tree ook as seremoniemeester by verskeie
geleenthede op. Sy tweede album “Ek Wil Jou Hê” het gevolg en meer as 40 000 eenhede
(platinumstatus) verkoop.
‘n Groot hoogtepunt in Arno se musiekloopbaan, was toe hy in 2007 genooi is om deel te
wees van die Internasionale Rugby arena, waar hy by meer as 6 geleenthede die Nasionale
Volkslied moes sing by rugbytoetse waartydens die Springbokke gespeel het.
Daarna was hy besig om SA plat te reis met optredes en as gevolg hiervan, moes hy twee
geleenthede na Australië en Engeland van die hand wys om daar die volkslied te sing.
Hy was ook die uitgesoekte kunstenaar wat die temalied, “The Time Is Now” vir die
Wêreldbeker gesing het in daardie jaar. Aan die einde van 2017 was Arno Jordaan reeds
bekend as ‘n huishoudelike naam en net te dankbaar vir soveel geleenthede. Daarna was hy
genooi om deel te wees van die 10-jarige bestaan van SKOUSPEL wat in Sun City aangebied
is.
Sy vierde album, “Gee My” is uitgereik en het binne die eerste dag van vrystelling goue
status (20 000 eenhede) behaal en slegs ‘n paar maande later gespog met meer as 40 000
eenhede verkoop. “Gee My” is selfs vir ‘n SAMA-toekenning benoem. Sy vyfde album
“Stukkie Van Jou Hart” het ook goue status behaal en het hy sy lyf in 2013 akteur gehou vir
die treffer Afrikaanse musiekrolprent, “As jy Sing” saam met ander sterre soos Bobby van
Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en Robbie Wessels.
Arno het homself verder akteur gehou saam met Neels van Jaarsveld in kykNET se
Silwerskermfees Kortfilm “BEN SE BEGRAFNIS”, wat weer bewys het dat hy beslis nog
daardie talent het.
Intussen het hy kragte met Coleske Artists gesmelt en voorheen as deel van die gewilde
Afrikaans is Groot span en konsert ook die verhoog gedeel met van Suid-Afrika se grootste
kunstenaars, insluitende Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel
en nog vele meer!
Sy album, “As Jy Hier Is” het in September 2015 ook goue status bereik. Van die land se
grootste liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Ewald Coleske en Christoph Kotze het
treffers vir daardie album neergepen. Die musiekvideo van “As Jy Hier Is” het reeds meer as
465 000 kyke en Arno is tans besig om hard te werk aan sy nuwe album wat eersdaags op
die rakke sal wees.
“Die Eerste Keer” is die eerste enkelsnit vanaf sy nuwe album wat binnekort vrygestel word.
Arno is oor die jare gevestig as ‘n huishoudelike naam in die vermaaklikheidsbedryf en
beloof om nog vir baie jare goeie musiek uit te bring. Arno is baie opgewonde oor alles
waarmee hy besig is en dankbaar vir die Coleske Artists wat ‘n pad saam met hom stap.
Daar is GROOT dinge wat nog oppad is. Die enkelsnit se musiekvideo is ook verfilm met
bekende gesigte, Mila Guy en Deanre Reiners, wat die liefdesverhaal vertolk. Hierdie video is
beskikbaar op Youtube.
Saam met sy befaamde platemaatskappy en ongelooflike liedfjieskrywers beloof hy om sy
beste album nog uit te bring. Na meer as 13 jaar in die musiekbedryf is Arno Jordaan steeds
een van Suid-Afrika se gunsteling kunstenaars en met sy energieke optredes en saamsing
treffers beloof hy om die land nog vir jare vorentoe aan die sing te hou!
Maar deesdae hou hy ook sy lyf stigter van die Boobaloo expo, een van die grootste baba en
kleuter expo wat Time Square Sun Arena al ooit gesien het. Maart 2018 was die heel eerste
een wat gehou was en met groot sukses! Hulle is alreeds sterk oppad met die belanning vir
2019 se expo. Hou Arno Jordaan dop. Dit lyk daar is niks wat hy nie kan doen.