< < < Back


Priscilla Smith

Entrance:

Priscilla Smith will be performing from 14h00-16h00!

 

Date: 16 July 2022

Times:

Information:

The entrance fee is JUST R2 per person! 

Priscilla is geen vreemdeling in die musiekbedryf nie. Na haar groot suskes met SABC 2 Supersterre se TOP 3 en meer as 1,3 miljoen kykers per week het haar sangloopbaan van krag tot krag gegaan. Oor die jare het sy die land plat getoer met vele No 1 posisies op verskeie radio stasies. Vandag leef haar passie vir musiek steeds voort. Wat haar optredes betref, weef sy kunstig tussen ballades en sneller ritmes sodat jy die heel soetste, suiwer vreugde beleef. Wanneer ‘n sanger die waarde van interpretasie verstaan, waarborg dit sukses.

Haar briljante professionele verhoogoptrede is energiek, sensasioneel en oorrompel elke lid van die gehoor – maak nie saak watter ouderdom nie.

Haar goue vertolkings van nuwe, sowel as immergroen nommers is pure plesier. Juis daarin lê haar wenresep: daar’s iets vir almal om te geniet, en dit doen hulle ten volle. Haar optrede het telkemale die gehoor op hulle voete terwyl hulle smeek vir nóg!!

Priscilla is ons plat op die aarde, donkerkop nooi van die platteland wat met die eerste oogopslag diep in elke hart inkruip. Haar spontane liefde vir mense en haar Skepper is aansteeklik.