Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 24 January 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! David Fourie het hom in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gevestig met ‘n
platinumverkoper loopbaan. Hy het op 6-jarige ouderdom begin sing en het sy
professionele verskyning gemaak in 2002, toe hy die eindronde van die
gewilde Idols-South Africa gehaal het. Vandag is David bekend vir treffers soos Ek wil
jou ken, Land in die suide, Kaboemielies, Hou my vas stywer vas, On the Radio en sy
mees onlangse no.1-treffer, en Afri-Indie toekening wenner (Beste Pop Dans), Die Dans
Ding.
RE-INVENSIE
David het die behoefte gevoel om sy verhouding met musiek en sukses te
her-evalueer en verhuis na Auckland, Nieu-Seeland. Op hierdie reis wou hy sy stem as
kunstenaar en musikant herontdek en met net sy klavier as straatmusikant begin sing.
Terwyl Nieu-Seelanders hom vinnig opgemerk het, het hy regoor Nieu-Seeland begin
optree, insluitende twee internasionale rugbytoetse, en die Suid-Afrikaanse volkslied
gesing.
MUSIEK GESKIEDENIS
Hy het sy eerste kontrak met Sony Music Entertainment geteken en ontvang ‘n SAMA
nominasie vir sy debuut album, Land in die suide in 2004. Daarna het hy nog drie
afrikaanse albums vrygestel waarvan al drie goue verkopestatus bereik het. Dit sluit onder
meer in treffersnitte soos, Kaboemielies, Jy soen soos ‘n engel, Grotman en My hart het
klaar besluit en Hou my vas stywer vas. In 2011 het hy ook ‘n engelse album uitgebring,
getiteld, Just for you – a special collection of songs. Luisteraars reg oor die wêreld het ‘n
bewondering gekry vir sy musiekweergawes van Chris Isaak, John Gary, Chris de Burgh,
John Lennon, Carol King en meer. In 2023 debuteer hy as vervaardiger, regisseur met die
bekroonde enkelsnit en video, On The Radio.
David keer terug na die Afrikaanse pop arena met ‘n dansvloer oorwurm,
Die Dans Ding, wat sy evolusie as skrywer en kunstenaar ten toon stel met ‘n vars aanslag.
Sommige van sy liedjies het ‘ anthems ’ in eie reg geword, Kaboemielies kan nog tydens
studentebyeenkomste op die kampusse gehoor word en Hou my vas stywer vas is ook
onlangs deur die bekende platejoggie Pretorius vermeng vir die nuwe generasie.
INTERNASIONALE WERK
David het tot dusver verskeie loopbaanhoogtepunte geniet, waaronder die opening vir
Westlife op hul Suid-Afrikaanse toer en in 2011 is hy as spesiale gas na die Eurovision
kompetisie in Dusseldorf genooi. Hy het ook die wenliedjie, Running Scared, opgeneem
wat ‘n no.1-treffer in Suid-Afrika geword het. Hy het verskeie kere op internasionale
televisie verskyn en die Suid-Afrikaanse, Australiese en Skotse landsliedere uitgevoer
tydens rugbytoetse tussen 2007 en 2019.
ONDERSTEUNERS
David se musiek is deur entoesiaste regoor die wêreld omhels
220 000 YouTube-uitsigte, 40 000 Facebook-vriende, 14 000 Twitter
volgelinge en 25 000 maandelikse Spotify-luisteraars.
GEMEENSKAPSWERK
David is groot gemaak in ‘n laer middelklasgesin in Suid-Afrika en het nog altyd ‘n
passie gehad vir mense met verskillende kulturele en sosio-ekonomiese agtergronde. Hy
was ‘n tutor vir Star Jam, ‘n Nieu-Seelandse organisasie sonder winsoogmerk wat gratis
sangklasse bied aan mense met liggaamlike en geestelike gestremdhede. Deur sy platform
te gebruik, speel hy ook ‘n aktiewe rol in die bewusmaking en fondse vir hierdie saak. Hy
is in Suid-Afrika ook betrokke by die Rupert Imibala Trust waar hy met kinders vanuit
verkeie sosio-ekonomise agtergronde werk om hulle talent hier en op internasionale
vlak te bevorder.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 25 January 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00!
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 31 January 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Afrikaans singer Cordelia, celebrated for her Gold-status
hit “Mal in Jou Kop,” is recognized as one of South Africa’s most versatile
female artists. With millions of streams and views on her 2025 Country music
releases, she captivates audiences of all ages with her powerful voice and warm
stage presence. Driven by a deep love for her people and her country’s
music, Cordelia is committed to singing for as long as she can—sharing stories,
emotion, and energy with every performance. All
her music is available on every major digital platform.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 01 February 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00!
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 07 February 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Gideon
Hunter is a singer and musician who has already entered the music industry in
2012. Since
2012, he has already released 3 albums. Although
with these 3 albums he focused specifically on Country music, Gideon can also
sing several other Genres. In
2019 he makes his first music video after releasing his first Afrikaans single,
"Die hart van een man". During
2019, this single did very well on Springbok Internet Radio's Top 20 and
achieved a 5th place. This
single were then be placed on various Radio Stations playlists. Gideon
performed at various festivals in the country since 2012 and has also had the
opportunity to do a preview for some of the country's greatest Afrikaans
artists. Currently,
Gideon is focused on writing and recording original music and the public can
look forward to a brand new album that will be released by mid-2022. When
you attend one of Gideon's performances you can look forward to a variety of
music as well as good laughs, good dancing and good company.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 08 February 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Kabous is gebore in Alberton en matrikuleer by Hoërskool Alberton in 2012. Hy het sy liefde vir
musiek ontwikkel toe hy nog ‘n tiener was. Daar en dan het hy besluit om sy passie vir drama en
musiek te volg en kitaar lesse te neem. Saam met hierdie passie het hy ‘n liefde vir die verhoog
en vir mense ontdek.
Na skool gaan studeer hy Drama en Film by TUT (Tshwane University of Technology). In 2016
kwalifiseer hy met ‘n Nationale Diploma en in 2017 met ‘n B-tech Graad in Drama en Film. In sy
universiteits jare, was hy betrokke by aardklop met ‘n produksie genaamd “Code”. Hy was ook
deel van verskeie verhoog produksies tydens sy studies. In hierdie tyd het sy liefde vir skryf
ontwikkel. Hy het ook sy aandag na kinder teater gedraai waar hy vir What Walrus as ‘n
kindervermaaklikeidsagent gewerk het. In sy studie jare spesialiseer hy in kinderteater, sang en
stemwerk.
Hy beoordeel landswyd by verskeie Kunswetstryde naamlik die Artisticulta, Die Poort
Kunstefees, Dell Arte, Nova Arte en Rise To Fame om net ‘n paar te noem. Kabous se eerste Solo
Album “Wonder” is in Oktober 2018 vrygestel. In 2022 stel hy sy tweede album “jy Weet” vry. In
2019 jaag hy steeds sy musiek en teater loopbaan na en tree hy op as sanger by feeste en funksies
Hy besluit toe in 2019 om sy tas te pak en te verhuis na Dalian, China. Hy werk in China as
drama, musiek en Engelse onderwyser. In 2022 besluit hy om huiswaarts te keer om sy musiek
loopbaan voltyds na te jaag. Kabous het al reeds by verskeie funksies en feeste opgetree vandat
hy terug is. In 2025 word hy geteken by David Gresham Platemaatskappy met sy enkelsnit
“Zammalekker” In 2025 skryf hy vir die blou bulle ‘n tema lied “Bul is in ons bloed” en ook
’BraaiVibe” vir elke man wat lief is om ‘n vuurtjie aan te steek.
Hy stel sy nuutste enkelsnit vry in Oktober 2025 “Sing Hallelujah!” waar hy eer betoon aan God
vir sy goedheid en guns oor Kabous en sy geliefdes se lewens. Kabous is ‘n passievolle mens en
glo dat resultate gesien sal word slegs deur harde werk en geloof. Kabous is lief vir musiek en
ondersteun ander kunstenaars waar hy moontlik kan. Hy is ook vreeslik lief vir troeteldiere en
om nuwe kulture en lande te verken. Hy glo dat kunstenaars mekaar moet help en ondersteun.
Hy glo in morele waardes soos eerlikheid en nederigheid en hoop dat almal met voorspoed,
geloof en liefde sal paaie kruis.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 14 February 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Nicholis vier in 2023, 20 jaar as professionele kunstenaar
in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy word gekenmerk aan energieke musiek, en
selfs meer energieke lewendige vertonings. Deur die jare het hy bekend geraak
as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars, en die volgende
liedjies, onder andere, het diep spore in die geheues van die Suid-Afrikaner
getrap: In 2012 word die groep, “4Werke”, gestig, met Nicholis as
deel daarvan. Die groep spog met 3 Goue status albums, en is bekend vir
treffers soos: In 2013 word Nicholis een van die 5 oorspronklike KRONE
kunstenaars. Hierdie vertoning het gegroei tot monumentale status, en het in
2023 by Loftus gebeur, met rondom 35 000 mense wat dit bywoon. SKAKELS: https://youtu.be/gtxR8wg_i6o?si=o3hSZVgyCmFB4CK5 https://youtu.be/y_NrJR63Hck?si=SagktD2siuUWn4aJ
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 15 February 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Amor Vittone is a celebrated South African artist, singer, actress, and motivational speaker.
Known for her dynamic presence and inspiring performances, Amor has captured the hearts of
audiences across the nation. She made history as the first presenter of the South African Lotto,
bringing her charm and enthusiasm to millions of viewers.
From her early days as a performer to becoming a household name, Amor's journey is one of
resilience, passion, and dedication. Amor has also made a mark in the acting world and as a
motivational speaker, inspiring countless individuals with her story and message of hope.
In her music career, Amor has achieved remarkable success, earning gold albums and CDs that
reflect her dedication and talent. Her contributions to the music industry have earned her a place
among South Africa’s most beloved entertainers.
Whether on stage, screen, or in front of an audience, Amor Vittone continues to be a beacon of
talent and inspiration.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 21 February 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Logan Pietersen is a storyteller at heart, using
music to capture life’s emotions and
experiences. Born in Pretoria and raised in
Naboomspruit, he fell in love with music at a
young age, writing his first song at fourteen.
His journey has taken him from small-town gigs
to major festivals like Aardklop and KKNK,
where he’s built a reputation for his heartfelt
lyrics and soulful performances.
Through personal loss and triumph, Logan’s
music remains deeply personal. His single 3
Weke was a tribute to his late mother, while his
latest release, Whiskey & Water, Rooiwyn of Jy,
delves into love, loneliness, and self-discovery.
The song’s rich metaphors and raw emotion
resonate deeply, and its music video, filmed at
the historic Capitol Theatre, adds a timeless
visual layer to the story.
Looking ahead, Logan is planning more
performances, collaborations, and even a
possible tour. His mission is simple: to create
music that heals, connects, and leaves a
lasting impact.
Logan Pietersen is proudly signed with Vonk
Music, a renowned label dedicated to nurturing
exceptional talent and bringing remarkable
music to the world.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 22 February 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Ruan Tennant is ’n talentvolle sanger met jare se ervaring in die musiekbedryf.
Sy reis het in 2007 begin toe hy as een van die Top 40-deelnemers in SA Idols
gekies is.
In 2010 het Ruan as een van die Top 6-deelnemers in Suppersterre opgetree, waar
hy ook die toekenning vir Beste Verhoogpersoonlikheid ontvang het.
In 2011 was hy bevoorreg om as een van die voorprogramkunstenaars vir Skouspel
by Sun City gekies te word, en in 2012 het hy deelgeneem aan SA’s Got Talent.
Tussen 2013 en 2018 het Ruan aan sy loopbaan gewerk, skoolkore afgerig en
musiek vir skoolrevues geskryf en saamgestel.
In 2018 het hy sy eerste enkelsnit, Wys My, vrygestel wat groot lof ontvang het,
veral die remix daarvan.
Sy talent het hom in 2020 op verskeie TV-programme soos 7de Laan, Binnelanders
en Musiek Paniek laat verskyn.
In 2021 was hy die voorprogram vir Irene-Louise van Wyk se toer, wat tot groot
sukses gelei het en verdere planne vir 2023 ingehou het.
Ruan se hoogtepunte sluit in die wen van die titel by Musiek Roulette in 2022 en sy
deelname aan KlankBank op VIA in 2023.
Coleske Artists het hom genader om sy enkelsnit Ek Voel Goed uit te reik, wat tans
oor 230 000 Spotify-strome het en steeds groei.
Hy tree gereeld regoor Suid-Afrika op en is die stigter van twee suksesvolle
sangkompetisies, The Singer en Die Stem, wat jong talent die geleentheid bied om
hul drome na te jaag.
Ruan is nie net ’n kunstenaar nie, maar ook ’n meester in sosiale media en die
vermaaklikheidsbedryf.
Hy het ’n ongelooflike passie vir musiek, skryf al sy eie liedjies, en is hard aan die
werk aan vars nuwe musiek vir 2025 – musiek met ’n nuwe klank en iets wat perfek
is vir die dansvloer.
Buite sy sangloopbaan is Ruan ook bekend as ’n talentvolle fotograaf en eienaar
van ’n suksesvolle bemarkingsbesigheid. Hy is ’n aanwins vir enige platform.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 28 February 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Die duo-groep MWAH se vertoning is vermaak vir die hele
gesin. Hulle sing die verhoog aan die brand met hulle eie treffers soos: Sandra
Prinsloo, Nuwe Begin en met "covers" wat oud en jonk laat saam sing. The duo group MWAH's show is entertainment for the whole
family. They set the stage on fire with their own hits such as: Sandra
Prinsloo, Nuwe Begin and with "covers" that make young and old sing
along.