< < < Back


Jay Morgan

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 05 January 2025

Times:

Information:

Time: 14h00 – 16h00!

Jay Morgan roer hartsnare met ‘n vars, moderne & oorspronlike Afrikaanse liefdeslied: ‘Ek onthou nog”. Jay Morgan is ‘n jong verskietende ster van Delmas. Sy dagboek is aan die brand want die SA publiek hou van hierdie donkerkop se aantreklike verhoog persoonlikheid en ‘pop’ reg stem wat elke noot raakslaan. Jay Morgan bewys dat hy het wat dit vat om die pad na sukses te stap. In 2021 wen hy ‘n medalje toekenning by die nasionale Afri-Indie Musiektoekennings vir ‘Nuweling van die jaar’. In 2022 wen hy ‘n sertifikaat toekenning weereens by die nasionale, jaarlikse AfriIndie Musiektoekennings vir sy elektroniese dans musiek oorspronklike enkelsnit “Neon ligte’. “Ek onthou nog’ handel oor hoe Jay Morgan die liefde ervaar. Hy gebruik die lewe se hoog- en laagtepunte wat hy saam met sy vrou op die pad na drome ervaar as inspirasie. Sy staan hom by deur die sonskyn en storms en haar liefde is dus sy anker. Die lirieke is geskryf deur Jay Morgan en top musiek vervaardiger Vincent Gordon. Vincent Gordon het die musiek vervaardiging behartig en saam wou hulle ‘n vars, moderne Afrikaanse liefdeslied vrystel. Jay se ondersteuners vra herhaaldelik vir die lied by sy lewendige vertonings en daarom glo ons as sy publisiteit span dat die radio stasie luisteraars ook aanklank sal vind by hierdie vars juweel. Jay Morgan was ook al bevoorreg om saam ander groot name op te tree by lewendige vertonings soos Dirk Van Der Westhuizen, Ivan Roux, Dodo, Elandré en Neil Somers om net n paar te noem. Ons verskaf hierdie enkelsnit met trots aan u. Ons sal enige speel van hierdie kwaliteit enkelsnit waardeer. Jay Morgan is ook beskikbaar vir enige radio onderhoude of artikels. Enige verdere vrae oor Jay Morgan of die enkelsnit kan gerig word aan Lukas Potgieter.