Entrance: The entrance
fee is JUST R5 per person!
Date: 02 February 2025
Times:
Information: Time: 14h00
– 16h00! Die bekende Afrikaanse kunstenaar, Quentin
Prinsloo, neem jou op 'n inspirerende reis in sy
nuwe enkelsnit PLATTELAND. Met 'n passievolle
vokale uitvoering, beskryf hierdie kragtige nuwe
popliedjie die romantiese skoonheid van die natuur
asof dit 'n liefdesbrief is en gryp die verbeelding aan
met sy poëtiese lirieke.
“Ek is ‘n natuurliefhebber en het inspirasie gevind in die Krugerwildtuin sowel as in die Weskus-streek,
twee van my gunsteling plekke in Suid-Afrika. Alhoewel ek baie reis vir optredes en om op nuwe
musiek te werk, daar is iets besonders aan die gevoel van vrede en rus wat jy kry op die platteland of
enige plek wat jou hart tevredenheid gee.” - Quentin Prinsloo.
PLATTELAND is geskryf deur Nick Jordaan en Hugo Ludik van Muse Studios, waar Quentin ook aan die
harmonie en stukke van die melodie gewerk het. Vir die musiekvideo, het Quentin die kreatiewe
talent van Gerduan Kemp vertrou wat magiese oomblikke van Moeder Natuur tydens verfilming
vasgevang het.
Quentin Prinsloo het reeds ‘n duidelike voetspoor in die Suid-Afrikaans musiekbedryf getrap.
Gedurende sy loopbaan van 23 jaar, het hy ses albums en ‘n DVD vrygestel. Hy was ook te sien in die
eerste Afrikaanse tienerfliek, Bakgat, waar hy saam met sy goeie vriend Albert de Wet die temalied
gesing het.
Quentin se musiek is ‘n deurdagtige en gabalanseerde snoering met fyn balans tussen energieke
ritmes en roerende ballades. Hy is ‘n sangsensasie wat geliefd is onder sy aanhangers en
ondersteuners vir sy energieke optredes en talent. Sy persoonlikheid en liedjies spreuk van liefde en
sy liefde vir dit wat hy doe.