< < < Back


Dewald Dippenaar

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

 


Date: 04 May 2025

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Biografie Dewald Dippenaar Dewald Dippenaar is 'n gebore musikant en knap liedjieskrywer in Afrikaans en Engels. Hy is reeds vir meer as twee dekades 'n uiters suksesvolle kunstenaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy besonderse stem pas die rock en country genres perfek, en hy is ook 'n baie veelsydige kitaar en mondfluitjie speler. Dewald is gebore in Welkom in die Vrystaat op 4 Februarie 1977. Hy voltooi sy skoolloopbaan aan Hoërskool WelkomGimnasium in 1995 en verhuis na Bloemfontein vir studies in Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (B.Econ) aan die Universiteit van die Vrystaat. Na voltooing van sy graad in 2002, verhuis hy na Brighton in Engeland om sy aandag voltyds aan sy passie, musiek te spandeer. Met sy terugkeer na Suid-Afrika vestig hy hom in Pretoria en stel sy eerste oorspronklike album, October Sky in 2004 vry. Dewald Dippenaar Dewald maak sy televisie debuut op 15 Desember 2005 op die program “Dis Hoe Dis Is Met Steve en is sederdien ’n gereelde gesig op Kyknet met verskynings in meer as 20 tv produksies, insluitend Kwêla, Jukebox, Reise en Soetkyse, Fotostories, Extreme Avonture, 'Dis Hoe Dit Is met Steve' , DKNT asook die fliek, “Die Spook Van Uniondale” waar hy die rol van ‘n polisieman vertolk het. Dewald teken sy eerste platekontrak met Select Musiek in 2007 en sy album “Wys jou muis” word bekend gestel. Na die sukses van die album met gewilde enkelsnitte soos, “Wys Jou Muis” en “Plaasdorp” volg die album “Bel die polisie” in 2010 en word benoem vir ‘n Huisgenoot Tempo toekenning vir Dans album van die jaar. dewald dippenaar Gedurende 2015 word sy vierde album “Een uit ‘n miljoen” vrygestel (Magic Bean Records) met die treffer enkelsnitte ”Kom Ons Vier Die Lewe” en ”Jy’s ’n Uitklophou” en word benoem vir Pop album van die jaar by die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings. Dewald se musiek kan ook gehoor word op die klankbane van Suid-Afrikaanse films soos 'Die storie van Sara van Biljon' (Karen Zoid) en die roerende fliek, 'Treurgrond’ met Steve Hofmeyr in die hoofrol. Hierdie begaafde musikant se passie vir musiek en vermaak skyn helder deur in elke optrede van sy besige skedule, waar hy gehore landswyd steeds beïndruk met loutere musikale vernuf tydens elke opwindende vertoning van sy besige schedule.