< < < Back


Gerhard Steyn

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

 

Date: 28 June 2025

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Die sanger met die dimpel-glimlag het bewys sy musiek is oorspronklik, uit die hart en genotvol. Sy talent as sanger en liedjieskrywer, voorkoms en persoonlikheid maak hom gewild by oud en jonk. Gehard Steyn se nuutste treffer NAWEEK MY NOU!! wat 4 April vrygestel is vat die land met storm. Dit het in enkele dae tienduisende kyke op You Tube behaal en klim daagliks met duisende kyke. NOU RAAK DIT LEKKER, STERRE (met Liezel Pieters), TENK VOL DIESEL LIEFLING, VAT DIE CRUISER (met Loufi) PARTYKIEHONDE en LUCKY PACKET RING (duet met Charlize Berg) om net ‘n paar enkelsnitte te noem wat hy die afgelope 2 jaar vrygestel het, vind groot aanklank by sy aanhangers. Sy derduisende aanhangers ken sy liedjies baie goed, maar is nie altyd bewus dat elke woord kom uit Gerhard se eie pen nie (maw hy skryf die lirieke self) en komponeer die musiek (melodie) ook self. Verder dat hy ook vir ander kunstenaars skryf. By Afri-Indie se Toekennings Aand gehou 7 Augustus 2024 is Gerhard vereer vir sy 22 jaar bydrae tot die musiekbedryf. Hy maak sy debuut in 2000 deur saam met Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis op te tree.) Buiten sang en optredes, liedjies skryf, oorklankingswerk, akteur wees, het hy ook die produkies van kunstenaars behartig. As liedjie skrywer is van sy werk deur Ivan Roux, Dozi, Anais, Helene Bester, Wynand Strydom, Rudi Muller, Ricky Faber en andere opgeneem. Gerhard het tans 11 (elf) albums op sy kerfstok en saam met lg. het hy ook 7 (sewe) enkelsnitte vrygestel. Hy glo dat ‘n sanger nie kan stagneer nie, maar deurgaans met nuwe, vars en unieke musiek vorendag moet kom. Buiten sang en optredes, het Gerhard ook ander talente. As akteur vertolk hy die hoofrol as Will Olwage in die fliek “Forsaken” en daarna die hoofrol in die Afrikaanse film “Sewentig x 7 saam met Angelique Gerber. Hy vertolk die rol van JESUS in die aangrypende produksie The Passion of Christ aangebied deur “Christian Family Church Internasional” en oor die 13 000 mense woon die 4 optredes by. Gerhard het ook bekendheid onder die kykers as TV aanbieder verwerf. Gerhard Steyn en die akteur Alvin Bruinders het hul eie TV program: Konings van Kitskos op VIA, Dstv Kanaal 147 gehad. Gerhard Steyn glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Sy talent, oorspronklikheid, potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik. Gerhard het die suksesleër geklim en vandag is hy aan die bopunt met ‘n rede. Niks het in sy skoot geval nie, slegs harde werk, sy droom en omdat hy presies weet wat hy wil hê. Gerhard het in sy musiekloopbaan sedert sy albums vir die eerste keer op die rakke verskyn het, seldsame en gesogte juwele tot die skatkis van Afrikaanse musiek gevoeg en ’n enorme hoeveelheid musiekliefhebbers se harte in die proses gewen. Met al hierdie talente en seëninge bly Gerhard nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan Drie-Enige God en diegene wat in hom glo en ondersteun. Gerhard se volgelinge op sosiale Media: Facebook 199 000 & Instagram 45 500 & TikTok 20 000.