Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 27 September 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Ruan Josh is 'n veelsydige kunstenaar met 'n loopbaan wat
reeds meer as 15 jaar in die plaaslike musiekbedryf strek. Hy is
bekend as 'n sanger, akteur, aanbieder, boer en besigheidsman -
sy bydraes tot die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap is indrukwekkend.
Sy debuutalbum, "Eggo" (2017), het goue status bereik en hy het
verdere sukses behaal deur sy deelname aan die Du Plessis-familie
trio se albums "Kaalvoetkinners" (2017) en "Sing Country" (2021).
Ruan het ook produksiewerk gedoen vir gewilde vertonings soos
Krone (2018, 2020) en Afrikaans is Groot (2013-2015). Sy aanbieding
van "Klein Begin" (2018) op SABC 2 het sy veelsydigheid as 'n
kunskenner onderstreep.
Een van Ruan se eerste hoogtepunte was sy wen van die "Beste Byspeler"
in Suid-Afrika by die ATKV Tienertoneel in 2008 as deel van Hoërskool
Die Wilgers se verhoogensamble. Hierdie vroeë erkenning het die weg
gebaan vir sy sukses in die bedryf.
Sy suksesvolle enkelsnit "Provider" in 2020 het meer as 2 miljoen kyke
op YouTube en het mense tydens die uitdagende tyd van die Covid-19
pandemie bemoedig. Hierdie treffer is gevolg deur "Go Rest High on
That Mountain," wat die land vertroos het tydens moeilike tye van verlies.
In 2021 het Ruan die publiek verras met die vrystelling van "Verlore,"
'n liedjie wat hy self geskryf het saam met sy suster, Franja du Plessis.
Hierdie liedjie illustreer sy veelsydige talente as 'n sanger en liedjie-
skrywer en het 'n boodskap van hoop en liefde vir die luisteraars
gebring.
Ruan is 'n kunstenaar wat sy passie vir musiek koppel aan sy geloof,
en hy glo vas aan die helende krag van musiek. Sy liefde vir Jesus
Christus is 'n deurslaggewende invloed op sy lewe en sy kuns.
Die "Sing Country"-album saam met Juanita du Plessis en Franja
du Plessis het gevolg, asook sy Kersfees-enkelsnit "Jingle Bell Rock."
Meer onlangse vrystellings is die enkelsnitte "Ek Sukkel," "Vat Die
Houe," en die duet "Net Hier Bly" saam met Franja du Plessis. Sy volle
album "Wysers" is in 2024 bekendgestel.
In 2024 het hy ook die Via-reeks, Wie Was Dit? Gewen.
2025 is daar nuwe kuiertreffers asook ‘n gospel album op pad en ‘n
verrassing of twee.